On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Geen onomwonde bewyse dat Hlasela staatshulpbronne gebruik het vir ANC-verkiesingsveldtog

───   15:17 Thu, 05 May 2016

Geen onomwonde bewyse dat Hlasela staatshulpbronne gebruik het vir ANC-verkiesingsveldtog | News Article
Thuli Madonsela/OFM-nuus

Pretoria - Daar is geen onweerlegbare getuienis om te bewys dat staatshulpbronne gebruik is in die ANC se 2011 plaaslike verkiesingsveldtog nie.


Dit, volgens die openbare beskermer, Thuli Madonsela, in haar verslag oor die omstrede Operasie Hlasela wat sy tans in Pretoria bekendstel.

Haar ondersoek het bevind dat twee Hlasela-projekte gelyktydig geloop het. Die een was privaat en die ander is deur die regering bestuur. Madonsela sê dit het verwarring veroorsaak aangesien die regering staatskanale gebruik het om albei projekte te dryf. Hoewel sy geen rede het om Premier Ace Magashule se bedoeling in twyfel te trek nie, het dit tog gratis advertensie vir die ANC teweeggebring. Dit het op sy beurt billikheid onder verdenking geplaas. Madonsela sê die ondersoek na Operasie Hlasela eindig egter nie hier nie - dit sluit ook beweerde tenderonregmatighede in. Dié ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Madonsela fokus in haar drie verslae wat sy vandag bekend maak op klagtes betreffende die beweerde mislukking van die skeiding van die staat en 'n politieke party.

Earl Coetzee en Cathy Dlodlo/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.