On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Local News

Vyfde man vas ná Bultfontein-plaasroof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:56 Mon, 23 May 2016

Vyfde man vas ná Bultfontein-plaasroof | News Article
File photo

Bultfontein - Vyf verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof op Bultfontein verskyn in verband met huisroof vroeër vandeesmaand op ‘n plaas in die distrik.


Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, het Vrydag aan OFM-nuus gesê vier jong mans is Donderdagaand in die plaaslike Phahameng-township in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik op 11 Februarie by ‘n boer in die distrik, Leon Venter, se plaashuis ingebreek het.

Volgens Gaobepe is die verdagtes meer as ‘n week later aangekeer toe hulle in die straat gestap het. ‘n Windbuks is in hul besit gevind. Daar is later beslag gelê op drie vuurwapens en ammunisie wat vermoedelik uit Venter se plaashuis gesteel is. Ou muntstukke, ‘n kamera en horlosie wat ook gebuit is terwyl Venter en sy vrou ‘n kerkdiens bygewoon het, is gevind.

Gaobepe sê nadat die vier verdagtes ondervra is, is ‘n vyfde man aan die polisie uitgewys. Hy is Vrydag by ‘n huis in Phahameng in hegtenis geneem. Hy was in besit van Venter se Toyota-bakkie se sluitels. Die bakkie, wat aanvanklik vermis was, is die dag ná die rooftog verlate buite Bulftontein op ‘n grondpad gevind.

OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.