On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bewerings oor Parys-vigilantemoorde bloot bespiegelinge

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:25 Wed, 25 May 2016

 Bewerings oor Parys-vigilantemoorde bloot bespiegelinge | News Article
File photo

Parys - Die Valke sê bewerings dat verskeie boere verklarings by die polisie afgelê het dat 'n plaasaanval op ’n boer van Parys, wat tot die dood van twee mans gelei het, nooit gebeur het nie, is bloot bespiegelinge.


Hangwani Mulaudzi se kommentaar volg ná berigte dat die beserings wat Loedie van der Westhuizen opgedoen het, self toegedien is toe hy twee plaaswerkers wat agterstallige lone gesoek het met 'n besemstok van sy plaas probeer verjaag het. Die plaaswerkers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, is later deur 'n groep mans, meestal boere, doodgeslaan.

Mulaudzi sê enigiemand wat inligting oor die beweerde aanval het, moet na vore kom.

Twaalf mense is weens die moorde in hegtenis geneem. Aanklagte teen twee, 'n pa en seun, is egter laat vaar.

Intussen sal die drie boere, wat gister weens die moorde in hegtenis geneem is, môre in die Parys-landdroshof verskyn. Hulle sal dan formeel aangekla word.

Die drie mans sal weer Vrydag saam met die sewe ander verdagtes verskyn.

OFM-nuus


 

Content hosted by iono.fm

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.