On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Nog 'n VS-woonbuurt moet ondersoek word deur SAMRK

───   CATHY DLODLO 05:38 Thu, 26 May 2016

Nog 'n VS-woonbuurt moet ondersoek word deur SAMRK | News Article
File photo

Ladybrand - Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het ná 'n driedaagse besoek aan die Vrystaat nóg ‘n klag van inwoners ontvang wat sonder water en toilette moet klaarkom.


Die doel van die besoek was om 'n ter plaatse ondersoek te doen by onder meer die Sibuyile Park-township in Bloemfontein, waar sowat 80 families die afgelope twee dekades sonder voldoende water en toilette moes klaarkom. Die kommissaris Mohamed Ameermia sê inwoners het nou uiteindelik basiese dienste gekry.

Die Kommissie het egter ‘n versoek ontvang dat ‘n ondersoek na ‘n soortgelyke situasie in die Mantsopa-munisipaliteit – wat Ladybrand insluit – gedoen moet word.

DA-raadslid, Tania Halse, sê sy het aan die Kommissie geskryf nadat sy alle moontlike stappe geneem het om die munisipaliteit tot aksie te dwing.

OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.



Content hosted by iono.fm

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.