On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

NW-gesondheid betreur die dood van vier

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:37 Thu, 26 May 2016

NW-gesondheid betreur die dood van vier | News Article

Mahikeng - Die Departement van Gesondheid in Noordwes ondersteun die naasbestaandes van vier mense wat gister in ‘n botsing reg van voor, tussen ‘n bussie van die departement en ‘n vragmotor buite Coligny, omgekom het.


Provinsiale woordvoerder, Tebogo Lekgethwane, sê ‘n vrou in haar veertigs, twee minderjariges en ‘n man, wat die bussie bestuur het, is op die toneel dood. Vyf ander insittendes is na verskeie hospitale geneem. Hy sê agt pasiënte is van die Mahikeng-hospitaal na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg vervoer toe die ongeluk omstreeks 03:40 gebeur het.

Volgens Lekgethwane het ‘n afvaardiging, wat deur die LUR vir Gesondheid, Magome Masike, aangewys is, al gister die oorledenes se families besoek.

Dit was gister ‘n hartseerdag vir die departement. “Dit is nie ons wens dat só iets tragies gebeur terwyl die departement pasiënte vervoer nie.” Die departement het juis ten doel om pasiënte in sy sorg veilig te vervoer na gesondheidsinstansies sodat hulle die beste mediese behandeling kan ontvang om spoedig te herstel. Hy sê dit is die departement se verantwoordelikheid om die naasbestaandes geldelik te ondersteun om hul geliefdes ter ruste te lê.

Lekgethwane sê twee beseerde minderjariges sterk goed aan in die Mahikeng-hospitaal, terwyl ‘n derde beseerde vrou reeds uit dié hospitaal ontslaan is. Twee ander beseerde vroue is na private hospitale geneem. Die departement is in die proses om vas te stel waarheen hulle geneem is en wat hul toestand is.

Hy kon nie detail verskaf oor die bestuurder van die vragmotor nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.