On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

NW-wetgewer lê kriminele klag teen munisipale bestuurder

───   CATHY DLODLO 14:21 Thu, 26 May 2016

NW-wetgewer lê kriminele klag teen munisipale bestuurder | News Article

Mahikeng - Die Noordwes-wetgewer het, in 'n ongekende stap, ‘n kriminele klag gelê teen die munisipale bestuurder van die Naledi Munisipaliteit, wat Vryburg insluit.


Die klag, minagting van die wetgewer, spruit uit ‘n voorval vroeër vandeesmaand toe Modisenyane Segapo tydens ‘n sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge uitgestap het. Segapo het voor die komitee verskyn om verslag te doen oor dié munisipaliteit se ouditeur-generaalsverslag vir die 2014/15-boekjaar.

Die voorsitter van die komitee, Mahlakeng Mahlakeng, sê Segapo moes vrae oor sowat R300 miljoen se onregmatige uitgawes beantwoord, maar het uitgestap en geweier om terug te kom, selfs nadat die burgemeester gestuur is om hom te gaan haal.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.