On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Potch-Gimnasium vra dat gemeenskap vir leerling bid

───   DANE BEISHEIM 14:45 Thu, 26 May 2016

Potch-Gimnasium vra dat gemeenskap vir leerling bid | News Article
Miela Jansen van Vuuren (L) Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen (Dane Beisheim/OFM-nuus)

Potchefstroom - Potchefstroom-Gimnasium het op sy amptelike Facebook-blad die gemeenskap gevra om vir een van sy leerlinge, wat na bewering met twee moorde verbind word, te bid sodat “geregtigheid sal geskied”.


Cor Loggenberg is vanoggend in die Parys-landdroshof saam met Miela Jansen van Vuuren en Loedie van der Westhuizen R10 000 borgtog elk toegestaan. Hulle is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie. ’n Minderjarige verdagte is ingevolge die Wet op Kinderregte in sy ouers se sorg uitgelaat.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat Landdros JB Claassen hom gemaan het om môre se verrigtinge by te woon, wanneer al elf verdagtes in dieselfde hof moet verskyn.

Aanklagte teen twee van die verdagtes, 'n pa en seun, is vroeër laat vaar weens ’n gebrek aan bewyse.

Tjixa en Jubeba is oorlede nadat hulle glo aangerand is deur ’n groot groep mans, meestal boere, wat hulle verdink het van ’n aanval op Boeta van der Westhuizen (een van die verdagtes) se bejaarde pa, Loedie. Die beweerde aanval het plaasgevind op Loedie se plaas, Biesiesbult naby Parys.

OFM-nuus


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.