On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Oorwinning vir erfenisbewaring met hofbevel oor Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas

───   MARK STEENBOK 05:49 Tue, 31 May 2016

Oorwinning vir erfenisbewaring met hofbevel oor Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas | News Article
www.boervolkerfenisbewaring.co.za

Winburg - Die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat moet binne 60 dae 'n rehabilitasieplan saamstel om die bewaring van die Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas te beskerm.


Dit volg ná 'n jare lange regstryd tussen die burgerregtegroep, AfriForum, drie belastingbetalers van Winburg en die Erfenisstigting weens die munisipaliteit se swak bestuur van die terrein.

Die begraafplaas dateer uit die Anglo-Boereoorlog en bestaan uit gedenktekens, grafte en unieke grafstene van slagoffers wat in Winburg se konsentrasiekamp aangehou is, sowel as Britse soldate.

Die munisipaliteit moet ingevolge die hofbevel ook die gestorte rommel in die omgewing opruim, die terrein en pad daarheen onderhou, asook toesien dat onwettige gruisgrawery in die omgewing gestaak word.

Die senior bestuurder vir Erfenisbewaring, Cecilia Kruger, sê dit is ‘n oorwinning vir erfenisbewaring in Suid-Afrika.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.