On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Provinsies bestee miljoene aan vervoer van skoolkinders

───   CATHY DLODLO 15:11 Tue, 31 May 2016

 Provinsies bestee miljoene aan vervoer van skoolkinders | News Article

Kaapstad - Provinsiale vervoerdepartemente in Noordwes, die Noord-Kaap en die Vrystaat het miljoene rande in die 2015/16-boekjaar bestee vir die vervoer van skoolkinders.


Die Noordwes-departement het die meeste – sowat R264 miljoen - vir die vervoer van sowat 36 000 kinders gebruik.

Die diens in die Vrystaat is verlede jaar vanaf die departement van onderwys na die departement van paaie en vervoer oorgeplaas. Dié departement het altesaam R40 miljoen vir die vervoer van 6 200 kinders opsygesit.

Dieselfde diens kos die Noord-Kaapse departement van veiligheid en vervoer meer as R118 miljoen vir die vervoer van meer as 23 000 skoolkinders.

Hierdie uitgawes is deur die nasionale departement van basiese onderwys bekend gemaak in antwoord op ‘n vraag in die parlement.

Noord-Kaapse LUR, Pauline Williams, het verlede weektydens haar begrotingsrede in die provinsiale wetgewer gesê haar departement gaan die diens na veral afgeleë dorpe uitbrei, waar kinders ver met dapper en stapper skool toe moet gaan.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.