On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Moedertaalonderrig nie 'n absolute reg - UV

───   EARL COETZEE 14:41 Mon, 20 Jun 2016

Moedertaalonderrig nie 'n absolute reg - UV | News Article

Bloemfontein - Almal het die reg tot moedertaalonderrig, maar dié reg is nie absoluut nie, en ander faktore moet in ag geneem word wanneer op 'n instelling se taalbeleid besluit word.


Dit was die middelpunt waarom die Universiteit van die Vrystaat se argument teen AfriForum se aansoek om die UV se taalbeleid te hersien, vanoggend in die Vrystaatse hooggeregshof gedraai het.

Advokaat Jeremy Gauntlett, namens die universiteit, het aangevoer die UV het reeds in 2006, onder oud-rektor Professor Frederik Fourie, besef hul parallelmediumtaalbeleid lei tot segregasie en is onvolhoubaar. Die nuwe taalbeleid, met Engels as hoofvoertaal, is dus 'n poging om meer ingeslotenheid te bevorder, en sal glo ook lei tot minder rassewrywing en geweld, soos wat onlangs op kampus gesien is.

Volgens AfriForum-woordvoerder, Alana Bailey, moet moedertaalonderrig egter, volgens die Grondwet, voorkeur oor dié faktore geniet, en meer, in plaas van minder tale moet voor voorsiening gemaak word.

"Afrikaanse onderrig is tans prakties uitvoerbaar aan Kovsies. Ons sien daar parrallelmediumonderrig. Niemand se regte word geskend as iemand wel Afrikaanse onderrig geniet nie. Inteendeel, dit bevoordeel meer mense se regte en dit gee die geleentheid dat ander tale kan ontwikkel en ook bygetrek word by die universiteit se taalbeleid."

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.