On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Nuwe Aardklop nie “afskeep-fees”

───   DANE BEISHEIM 15:03 Wed, 29 Jun 2016

Nuwe Aardklop nie “afskeep-fees” | News Article

Potchefstroom - Die nuwe Aardklop Nasionale Kunstefees, wat in Oktober in Potchefstroom aangebied gaan word, sal nie ’n “afskeep-fees” wees nie.


Pas aangestelde Aardklop-voorsitter, Dewald van Breda, sê die produksies is grotendeels klaar gereël, so ook die stalletjies. Hulle wag egter nog op die finale program. 


Van Breda sê die idee met die nuwe fees, wat volg nadat daar vroeër vanjaar deur die ou direksie besluit is om die fees in sy huidige formaat te staak, is onder meer om dit vir Jan Alleman bekostigbaar te maak.


"Ek dink dit is belangrik dat 'n mens die foute van die vorige fees moet vergeet en met 'n vars en oop gemoed na die nuwe fees toe moet kom. Ons sal ook graag terugvoer oor mense se idees en gedagtes wil hê - ons het 'n baie oop gesindheid wat betref die publiek se insae [tot die fees]," sê Van Breda.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.