On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Skokkende syfers toon Mangaung is hoofstad van seksuele misdrywe

───   CATHY DLODLO 06:47 Fri, 01 Jul 2016

Skokkende syfers toon Mangaung is hoofstad van seksuele misdrywe | News Article
Gallo Images

Bloemfontein - Skokkende syfers wys dat Mangaung die hoofstad van seksuele misdrywe in Suid-Afrika is.

Die misdaadsyfers van altesaam nege groot stede in die land is vervat in die verslag, State of Urban Safety in South Africa, wat gister bekend gemaak is.  

Dit wys dat die aantal seksuele misdryf-sake in Mangaung landwyd die hoogste is en dat die koers waarteen dit die afgelope dekade gestyg het, hoër is as die gemiddelde nasionale koers. Inbrake by huise landwyd het ook skerp toegeneem, maar Mangaung het steeds die hoogste inbraaksyfers. 

Die verslag het ‘n analise van misdaad en geweld, asook die impak daarvan gedoen, wat insluit die vrees wat dit by inwoners inboesem. 

Die hoogste aantal moorde is in Kaapstad aangeteken en, volgens statistieke, staan slagoffers van misdaad in Johannesburg ‘n groter kans om geroof of gekaap te word. 

Behalwe vir veediefstal is die grootste persentasie misdaad in stedelike gebiede aangemeld. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.