On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Polisie soek na skieter ná voorval in Fauna

───   15:13 Fri, 01 Jul 2016

Polisie soek na skieter ná voorval in Fauna | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein soek na 'n 31-jarige man wat glo vanoggend op sy pa in hul huis in Fauna geskiet het en toe met sy bakkie op die vlug geslaan het.


Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê die man het vanoggend omstreeks 07:00 vier skote in hul huis in Tsessebe-straat afgevuur voordat hy weggery het. Die bakkie is later in Bochabela by 'n vriend se huis gevind. 


Volgens Nkabi het die seun vermoedelik te voet verder gevlug. Sy sê die man het na bewering sy 54-jarige pa daarvan beskuldig dat hy 'n romantiese verhouding met sy meisie het. 


Die seun se ma en meisie, wat tuis was ten tyde van die voorval, is nie beseer nie. Die pa is skrams deur 'n koeël getref. 


OFM-nuus verneem hy is vanoggend in 'n hospitaal se noodgevalle-afdeling vir 'n skraapmerk op die voorkop behandel. Hy is egter reeds ontslaan. Die seun is vermoedelik nog gewapen. 


Christal-Lize Muller en Mark Steenbok/OFM-nuus 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.