On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Verskeie besighede kort ná mekaar beroof in Bloemfontein

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:30 Thu, 14 Jul 2016

Verskeie besighede kort ná mekaar beroof in Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - Verskeie besighede in Bloemfontein het vandeesweek deurgeloop onder 'n vlaag rooftogte.


Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie ondernemings is Maandag in 'n bestek van 12 ure beroof.


Die eerste rooftog was omstreeks 14:30 in Bainsvlei toe 'n gewapende man 'n werknemer in die Kai Hai-taverne aangehou het, terwyl sy twee makkers geld geëis het. Nkabi, sê meer as R16 000, 'n selfoon en sigarette ter waarde van meer as R100 000 is gebuit. Die rowers het in ‘n blou Citi Golf weggejaag. 


‘n Paar uur later het 'n man ‘n vuurwapen op die kassier gerig in die Noordhoek-winkel in Navalsig en geld geëis. Hy het die winkel ingegaan en gemaak of hy koeldrank koop. Meer as R400 000 en sigarette is gevat. Hy het weggehardloop. 


Nkabi sê om middernag het twee mans twee werknemers wat op pad huis toe was, by die Blues Room aangehou. Toe hulle die voorste deur oopmaak om uit te loop het een van die rowers ‘n vuurwapen op hulle gerig en terug in die klub gedwing. Hulle moes op die grond lê. Drank ter waarde van sowat R14 000 is gevat. Die booswigte het met een van die werknemers se Hyundai gevlug. Die motor is later verlate in At Horakstraat gevind.


Nog niemand is in hegtenis geneem nie. 


Nkabi sê die moontlikheid dat ‘n sindikaat betrokke is word nie uitgesluit nie.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.