On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Sindikaat dalk in Bloemfontein aan die werk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:50 Fri, 15 Jul 2016

Sindikaat dalk in Bloemfontein aan die werk | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit nie dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het.


Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans Dinsdagmiddag ‘n ring in die winkel wou koop. ‘n Werknemer het ‘n ring uitgehaal om aan hulle te wys, waarna een van die rowers ‘n vuurwapen op haar gerig het. Nkabi sê die rower het daarna geld in die kasregister geëis. Hulle het ook ‘n rugsak aan die werknemer oorhandig en haar beveel om al die ringe en ander juweliersware in die winkel daarin te gooi. In die proses het die werknemer die winkel se paniekknoppie gedruk. Die mans is daarna vort.



Nkabi sê die rowers het in ‘n motor weggery. Lede van die Parkweg-polisiekantoor het hulle agtervolg en van die pad gedwing. Sy sê ‘n 37-jarige man is ‘n paar kilometer van die inkopiesentrum in sy motor in hegtenis geneem. Sy makker het weggehardloop.


Nkabi sê die verdagte sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ander rower is nog nie in hegtenis geneem nie.


Volgens Nkabi is dit nog onduidelik of die verdagte betrokke was by die ander rooftogte in Bloemfontein. ‘n Diamantring ter waarde van R28 000 en meer as R800 is gesteel. Daar is op ‘n ander diamantring en meer as R650 beslag gelê.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.