On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde Bethulie-inwoner na verwagting vandag weer in hof weens moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:34 Wed, 20 Jul 2016

Bejaarde Bethulie-inwoner na verwagting vandag weer in hof weens moord | News Article

Bethulie - 'n Bejaarde man van Bethulie, wat na bewering sy bejaarde vrou vermoor het, sal na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die 67-jarige Leroy Steenkamp is tydens sy vorige hofverskyning met 'n waarskuwing vrygelaat hangende die uitslag van 'n nadoodse ondersoek. 

Sy vrou, Avril, is die 22ste Junie dood in die bad van hul huis gevind. 

Steenkamp het een van hul kinders vroeër die dag in Kaapstad geskakel om te sê hy dink sy is dood. Steenkamp se kind het toe die polisie in Bethulie in kennis gestel.  

Polisiewoordvoerder, Yanga Nguckana, sê Avril Steenkamp se lyk was vol sigbare kneusplekke.    

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.