On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Niemand vas ná bomdreigement by die NWU se Potch-kampus

───   11:05 Tue, 26 Jul 2016

Niemand vas ná bomdreigement by die NWU se Potch-kampus | News Article

Potchefstroom - Die situasie is terug na normaal by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus nadat 'n bomdreigement gister ontvang is.


Die kampus se woordvoerder, Johan van Zyl, sê die polisie het gistermiddag 'n telefoonoproep van 'n onbekende persoon ontvang oor 'n bom wat in die Drankenstein-restaurant op die kampus geplant is. 


Die gebou is onmiddellik ontruim en die polisie se plofstofeenheid was vinnig op die toneel.

 

Polisiebeamptes het die restaurant gevee, maar geen plofstof is gevind nie. Die restaurant was gistermiddag omstreeks 18:00 weer oop. Van Zyl sê die kampus is waaksaam en veiligheid is verskerp, maar hulle voorsien geen soortgelyke voorvalle vandag nie.

 

Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.