On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Valke maak groot deurbraak ná Kimberley-rooftog

───   14:17 Tue, 26 Jul 2016

Valke maak groot deurbraak ná Kimberley-rooftog | News Article

Kimberley - Die Valke het 'n groot deurbraak gemaak ná 'n gewapende rooftog by G4S in Kimberley.


Twee polisiebeamptes en drie ander is gearresteer en het reeds in die hof verskyn. 

Drie gewapende mans het op 6 Mei op die G4S-terrein toegeslaan, 'n veiligheidswag vasgebind, en op die vlug geslaan met sy vuurwapen en 'n groot bedrag geld. 'n Ander wag het op sy vasgebinde, onbeseerde kollega afgekom. 

Die Valke het ondersoek ingestel en sersant Samuel Jantjies en sy broer, Densel, in hegtenis geneem. 

Later is drie vermeende medepligtiges, konstabel Hendrik Daniels, Jennifer Claasen en Jean Pierre Wolfaard ook aangekeer. Daar is beslag gelê op meer as R1,4 miljoen se kontant. 

Jantjies en Daniels is albei verbonde aan die taktiese reaksie-eenheid in Kimberley. Al vyf is in aanhouding en sal na verwagting Donderdag om borgtog aansoek doen.

Verklaring verskaf



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.