On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Elections 2016 Decision Time

Politieke partye beskuldig LUR van leuens

───   CATHY DLODLO 14:24 Tue, 26 Jul 2016

Politieke partye beskuldig LUR van leuens | News Article
Butana Komphela/OFM-nuus

Bloemfontein - Politieke partye in die Vrystaat, wat besig is met hul veldtogte voor die komende munisipale verkiesing, het die LUR vir Polisie en Paaie daarvan beskuldig dat hy leuens verkondig.


Dit volg nadat Butana Komphela in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê het die polisie in die provinsie het geen klagte van politieke partye ontvang nie. 

Verskeie klagte teen lede van politieke partye, munisipaliteite en selfs munisipale amptenare is egter by polisiekantore gelê. 

Vryheidsfront Plus LPW, Wouter Wessels, sê hy het saaknommers as bewys en weet van verskeie ander klagte.

"Dit is ‘n leuen. Dit is definitief nie so nie. Ons het voorheen ook ‘n saak gemaak, en ek weet die DA het ook ‘n saak teen Moqhaka munisipaliteit en die munisipale bestuurder gemaak. So ek weet nie waarna die LUR verwys nie en ek dink nie hy is ten volle ingelig nie."


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.