On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Tuinier aangekeer vir moord op Bloemfonteinse vrou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:53 Thu, 28 Jul 2016

Tuinier aangekeer vir moord op Bloemfonteinse vrou | News Article

Bloemfontein - 'n Bloemfonteinse tuinwerker sal na verwagting môre in die stad se landdroshof verskyn in verband met die moord op 'n bejaarde vrou in haar huis in Gardeniapark.


Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê 'n buurvrou van die 86-jarige slagoffer wou haar gistermiddag omstreeks 17:00 besoek. Niemand het egter die deur oopgemaak nie, waarna sy haar buurvrou se halfnaakte lyk in 'n plas bloed op die vloer van haar slaapkamer deur 'n venster gesien het. 

Marope sê die slagoffer is vermoedelik met 'n stomp voorwerp geslaan. Sy het kopwonde opgedoen. 

By nadere ondersoek het die polisie die 48-jarige tuinwerker, wat in 'n buitekamer op die erf gebly het, in hegtenis geneem.


Daar was bloed op sy beddegoed en 'n bebloede pet, wat vermoedelik aan hom behoort, is in die kombuis gevind.

OFM-nuus gaan nog nie die oorledene se naam bekend maak nie.  


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.