On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vermeende skaapdiewe naby Dewetsdorp gevang

───   ANDRE GROBLER 14:16 Tue, 16 Aug 2016

Vermeende skaapdiewe naby Dewetsdorp gevang | News Article
Supplied

Dewetsdorp - Die Dewetsdorp-polisie het twee vermeende veediewe gevang met die hulp van boere en die gemeenskap.


Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê dit het gevolg nadat hulle 'n oproep gekry het dat verdagte persone 'n trop skape aanjaag in die rigting van Botshabelo.

Ngcukana sê die polisie het baie goeie samewerking van die boere van die omgewing gekry.

Altesaam 65 skape is teruggevind en positief uitgeken deur die eienaar, waarna dit aan hom terugbesorg is. 

Die twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 32 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.