On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Mangaung-metrovergadering vertraag ná foutiewe stemprosedure

───   CATHY DLODLO 14:24 Thu, 18 Aug 2016

Mangaung-metrovergadering vertraag ná foutiewe stemprosedure | News Article
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

Bloemfontein - Die eerste amptelike vergadering van die nuwe Mangaung-metroraad is vanoggend vir ure vertraag toe die verkiesingsproses vir die uitvoerende burgemeester en die speaker verkeerd uitgevoer is.


Die vergadering was reeds in ‘n gevorderde stadium en die burgemeester, Olly Mlamleli, en speaker, Mxolisi Siyonzana, het reeds hul toesprake gelewer, toe DA-raadslid, Dulandi Leech, alles tot stilstand ruk.

Leech het op ‘n punt van orde opgestaan en uit die Wet op Munisipale Strukture aangehaal. Sy het gesê die verkiesing van die speaker en die burgemeester is onwettig, want volgens die wet moet dit met ‘n geslote stembrief geskied. Siyonzana moes onmiddellik sy posisie opgee en die Onafhanklike Verkiesingskommissie is ingeroep om die verkiesing van voor af te doen. 

Die vergadering is met ure vertraag.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.