On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteiners, wees paraat - polisie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:18 Wed, 24 Aug 2016

Bloemfonteiners, wees paraat - polisie | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein het ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om op hul hoede te wees en hul paraatheid te verskerp.


Dit kom te midde van 'n hernude vlaag huisrooftogte die afgelope drie weke. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê daar word hard gewerk om dié voorvalle te voorkom, maar inwoners moet ook hul kant bring. Volgens hom is huisrooftogte ‘n traumatiese ervaring vir slagoffers. Dit word ook as een van die gevaarlike misdade beskou. Dié tipe rooftogte vind hoofsaaklik saans of oor naweke plaas, wanneer erwe verlate is. 

Hy sê booswigte verkry toegang tot huise en breek deure en vensters. Veiligheidsdiefwering word ook gebuig of oopgesaag waarna waardevolle huisinhoud gebuit word. Marope stel voor mense sluit hul huisdeure, selfs al is hulle tuis. Vensters moet saans toe wees.  Nog ‘n wenk is om ‘n alarmstelsel aan te bring.

Skaf minstens twee honde aan om ‘n erf op te pas. Een hond kan binne in die huis gehou word, terwyl ‘n ander hond buite kan leef. Wanneer nuwe goedere gekoop word, soos ‘n televisiestel, moet die verpakking waarin dit aangekoop is, nie buite die huis as deel van vullisverwydering gelaat word nie. Marope sê mense moet van die leë verpakkings by stortingsterreine ontslae raak. 

Hy sê mense moet reeksnommers van waardevolle elektroniese ware wat hulle aangekoop het, bêre. Dit kan die polisie help om mense se besittings te identifiseer wanneer dit teruggevind word. Wees paraat en ken jou bure. Meld verdagte mense en motors in woongebiede by ‘n polisiekantoor aan. Moet nooit toegang aan mense tot jou erf gee as jy nie weet wie hulle is nie, sê Marope.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.