On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

ANC-kandidaat staar nou twee aanklagte van moord in die gesig

───   MARK STEENBOK 14:40 Thu, 25 Aug 2016

ANC-kandidaat staar nou twee aanklagte van moord in die gesig | News Article

Daniëlskuil - Die ANC-kandidaat wat in hegtenis geneem is ná die moord op ‘n DA-raadslid van die Kgatelopele-munisipaliteit in Daniëlskuil, sal Maandag op twee aanklagte van moord in die hof verskyn.


Dit is volgens die Valke se Hangwani Malaudzi en volg nadat Johannes Baaitjies se sakevennoot, Shuping Nosi, Dinsdagaand in ‘n Kimberley-hospitaal aan sy skietwonde beswyk het. Hy is verlede Donderdag gewond in die aanval wat ook tot Baaitjies se dood gelei het. Zoniselo Magawu het reeds op ’n aanklag van moord en poging tot moord in die hof verskyn. Malaudzi sê die aanklag van poging tot moord het nou na moord verander. 

Intussen het die DA-woordvoerder in die Noord-Kaap, Clivé Burger, bevestig dat die party se leier, Mmusi Maimane, die begrafnis van Baaitjies Saterdagoggend sal bywoon.

“Johannes Baaitjies word om 08:00 Saterdagoggend in Daniëlskuil uit die AGS Kerk in Kuilsville begrawe. Mmusi Maimane gaan die begrafnis bywoon. Hy vlieg reeds Vrydag Kimberley toe. Vredesaktiviste en personeellede sal ook die begrafnis bywoon. Ons verwag ‘n klomp mense,” sê Burger.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.