On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaapse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek verwelkom vonnisoplegging

───   09:09 Sat, 27 Aug 2016

Noord-Kaapse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek verwelkom vonnisoplegging  | News Article

Kuruman - Die Noord-Kaapse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die vonnisoplegging van die 31-jarige Valecia Veruschka Diedericks verwelkom op aanklagte van bedrog.


Diedericks is in April in hegtenis geneem en het voor die Kuruman-landdroshof verskyn nadat sy in Maart 2009 die Hotazel Gekombineerde Skool uit R137 000 bedrieg het. 

Die geld moes aan 'n diensverskaffer betaal word, maar is na haar rekening oorgeplaas. 

Diedericks is sewe jaar gevangenisstraf opgelê, voorwaardelik opgeskort vir vyf jaar, en moet bykans R116 000 aan die skool terugbetaal.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.