On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Maimane: Geregtigheid moet geskied ná Baaitjies-moord

───   09:34 Sun, 28 Aug 2016

Maimane: Geregtigheid moet geskied ná  Baaitjies-moord | News Article
Mmusi Maimane (Gallo)

Kimberley - Die DA-leier, Mmusi Maimane, het 'n beroep gedoen dat geregtigheid moet geskied ná die moord op die Noord-Kaapse DA-raadslid, Johannes Baaitjies.


Die SAUK berig honderde mense, onder wie Maimane en lede van ander politieke partye, het gister sy begrafnis in Kuilsville op Daniëlskuil bygewoon. 

Baaitjies en 'n kollega is verlede week op die hoofpad tussen Postmasburg en Daniëlskuil aangeval. 

Baaitjies is op die toneel dood en sy kollega het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Maimane sê hulle is bekommerd oor dreigemente en aanvalle op talle DA-lede. Hy het egter die gemeenskap gevra om nie die reg in eie hande te neem nie. 

'n ANC-wykskandidaat, Zonisele Magawu, het vroeër die week in die hof verskyn in verband met die aanval. Hy is tans in aanhouding. Baaitjies het voor sy dood doodsdreigemente ontvang.

SABC


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.