On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Modelvliegtuie betower in Bloemfontein

───   ANDRE GROBLER 10:31 Sun, 28 Aug 2016

Modelvliegtuie betower in Bloemfontein | News Article
Een van die modelvliegtuigies wat tydens die 'fly-in' ten toon gestel is. (André Grobler/OFM Nuus)

Bloemfontein - Lede van die 'Central Radio Flyers', ‘n klub vir mense wat radiobeheerde vliegtuie en ander vaartuie vlieg, het gister oud en jonk met hul vliegvaardighede en kleurvolle vliegtuigmodelle in Bloemfontein betower.


Die klub het ‘n “fly-in” gehou en die publiek vir die dag genooi.

‘n Klublid, Wynand Swart, sê sowat 100 vliegtuie het aan die dag se verrigtinge deelgeneem en is vertoon. Hy sê die aantrekking tot dié sport is ‘n liefde vir vlieg. 

Nog ‘n klublid en vlieënier, Theo Potgieter, het die toeskouers met sy Skymaster Viper Jet beïndruk. Dié modelvliegtuig kan tot 300 kilometer per uur vlieg. 

OFM-nuus



Podcasts

‘n Klub-lid, Wynand Swart:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.