On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteinse verkragter se vonnis uitgestel

───   ANDRE GROBLER 05:48 Tue, 30 Aug 2016

Bloemfonteinse verkragter se vonnis uitgestel | News Article

Bloemfontein - ‘n Bloemfontein man wat skuldig bevind is aan statutêre verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie se vonnisverhoor is in die Bloemfonteinse Streekhof tot volgende maand uitgestel.


Die klagte teen die 44-jarige man spruit uit sy ontmoeting met ‘n minderjarige meisie op ‘n aanlyn-geselsgroep, WeChat, en ‘n seksuele verhouding daarna. 

Die man het die 14-jarige meisie gehelp om uit die huis te sluip vir hul ontmoetings. Die man se pa het vandag in die hof ter strafversagting getuig. 

Die 79-jarige man word tans deur die jonger man versorg aangesien Alzheimer se siekte by sy pa gediagnoseer is. Die man se verdediging het verder aangevoer dat ‘n opgeskorte vonnis of korrektiewe toesig ‘n meer gepaste straf in dié saak sal wees. 

Die Staat het die hof ingelig dat hulle ‘n slagoffersimpak- en ‘n sielkundige verslag oor die meisie gaan aanvra. Die hof het die saak uitgestel in afwagting op die sielkundige verslag. 

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.