On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

UV-studente weier dat eise vir gratis onderrig ondermyn word

───   EARL COETZEE 05:48 Tue, 20 Sep 2016

UV-studente weier dat eise vir gratis onderrig ondermyn word | News Article
Foto: OFM Nuus

Bloemfontein - 'n Groep studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan nie terugstaan en toelaat dat hul eise vir gratis onderrig ondermyn word nie.


Dieselfde groep beskou die Minister van Basiese Onderwys, Blade Nzimande, se aankondiging van 'n 8%-verhoging op aanstaande jaar se studiegeld as 'n belediging van die #FeesMustFall-inisiatief verlede jaar. 

Die leiers van die protesaksie aan die UV sê studente het onderneem om deel te neem aan 'n vreedsame opskorting van alle bedrywighede aan die UV en om geen eiendom te beskadig nie.  



Hulle sê die besluit van die Minister vir Hoër Onderwys is niks anders as 'n poging om die #FeesMustFall-beweging te verdeel nie en dat die kriteria ten opsigte van wie van die verhoging kwytgeskeld word, ook te vaag is.


OFM News previously asked students what they thought of Fee increases for 2017 and if they thought free education was a possibility in our lifetime.

  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.