On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Fedusa: Universiteite moet uitgawes besnoei

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:27 Tue, 20 Sep 2016

Fedusa: Universiteite moet uitgawes besnoei | News Article

Johannesburg - Die vakbondfederasie (Fedusa) het die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, se aankondiging gister oor beplande verhogings in universiteitsgelde volgende jaar verwelkom.


Fedusa se Dennis George sê die regering se benadering om arm studente te help is 'n klinkklare bewys van sy gebalanseerde benadering tot tersiêre onderrig in die land. 

Hy sê sekere studente se uitlatings dat hulle universiteite tot 'n stilstand gaan bring, is egter onverantwoordelik. 

Volgens hom is dit ook onregverdig dat 'n groep polities-gedrewe studente, wat op gratis onderrig aandring, dreig om ander studente te weerhou om verder te studeer. 

Hy sê die polisie en universiteitsbesture moet nou intree. Verder moet veral universiteite hul uitgawes prioritiseer. 

Almal moet die belt intrek weens moeilike omstandighede in die land. Hy sê universiteite het groot geldelike uitdagings, maar hulle moet alles in hul vermoë doen om universiteitsuitgawes te besnoei. 

Hy sê private organisasies verskaf beurse aan arm studente en almal in Suid-Afrika moet nou'n bydrae lewer om te verseker dat onderrig in die land geskied.   

George sê universiteitsbesture en rade moet voortaan nou saamwerk met vakbonde omdat hulle 'n belangrike rol speel.  

OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.