On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

DA doen beroep op VS Premier om voort te gaan met kabinetskommeling

───   CATHY DLODLO 06:48 Wed, 21 Sep 2016

DA doen beroep op VS Premier om voort te gaan met kabinetskommeling | News Article
Vrystaat Premier Ace Magashule. Foto: Mark Steenbok/OFM Nuus

Bloemfontein - Die DA in die Vrystaatse Wetgewer het 'n beroep om die Premier, Ace Magashule, gedoen om sy kabinet te skommel.

Dit volg nadat Magashule verlede week geen aankondigings rakende 'n kabinetskommeling, soos wat verwag is, gemaak het nie.  

Die ANC het gesê daar word steeds met verskeie belanghebbendes in die verband gepraat. 

Magashule sou na verwagting Vrydag 'n kabinetskommeling ná afloop van die provinsiale uitvoerende raadsvergadering aankondig. 

Daar word verwag dat hy onder meer die vakante pos van LUR vir Samewerkende Regering sal vul. 

DA LUR, Roy Jankielsohn, het intussen gesê 'n kabinetskommeling is die ideale geleentheid om ontslae te raak van die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, Mathabo Leeto, die LUR vir Gesondheid, Benny Malakoane, en die LUR vir Openbare Werke, Dora Kotzee. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.