On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Baaitjies-moordverdagte vandag weer in die hof

───   MARK STEENBOK 05:56 Thu, 22 Sep 2016

Baaitjies-moordverdagte vandag weer in die hof | News Article

Daniëlskuil - ANC-wykskandidaat, Zoniselo Magawu, wat aangekla word van die moorde op DA-raadslid Johannes Baatjies van die Kgatelopele Munisipaliteit en sy kollega, Shuping Nosi, sal na verwagting vandag in die Daniëlskuil-landdroshof verskyn.


Die Valke se Philani Nkwalase sê Magawu sal dan amptelik om borgtog aansoek doen. 

Baatjies en Nosi is in Augustus op die hoofpad tussen Postmasburg en Daniëlskuil aangeval.  

Baaitjies is op die toneel dood, terwyl Nosi later in ‘n Kimberley-hospitaal beswyk het. 

Voor sy dood sou Baaitjies na bewering 'n koalisie met twee ander Kgatelopele Gemeenskapsforum-raadslede vorm om die munisipaliteit van die ANC te wen.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.