On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Enjin-restourasie bewaar meganiese landbou-erfenis

───   ANDRE GROBLER 08:55 Sun, 25 Sep 2016

Enjin-restourasie bewaar meganiese landbou-erfenis  | News Article
Die eindronde van die eerste enjinrestourasie uitdaging is Saterdag in Bloemfontein gehou. (Foto: André Grobler)

Bloemfontein - Die eindronde van die eerste enjinrestourasie-uitdaging vir jong mense deur die SA Federasie van Veteraantrekker-en-enjinklubs is by die Ferreira-museum beslis.


Die kompetisie het die restourasie van 'n stilstaande enjin van ouer as 30 jaar behels. 

Die kompetisie het vir skoolkinders in 'n junior afdeling, en seniors, nie ouer as 35 jaar nie, voorsiening gemaak. 

Die voorsitter van die Sentrale Vrystaat Veterane-klub, Christo Pieterse, sê dié kompetisie was 'n poging om jong mense te betrek by die restourasie van enjins met 'n totale prysgeld van Engen van R150 000. 

Hy het gistermiddag aan OFM-nuus verduidelik dat die kompetisie afskop met 'n werkboek oor die enjin wat gerestoureer moet word.

Die senior afdeling is gewen deur Torsten Löwe van Pretoria met die restourasie van 'n 1951 Deutz MAH 914, en die junior afdeling is deur Liezel Gouws van Klerksdorp gewen met die restourasie van 'n 1963 Wolseley-enjin. 

OFM-nuus



Podcasts

Die voorsitter van die Sentrale Vrystaat Veterane klub Christo Pieterse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.