On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Kimberley-polisie hou meer as 20 betogers aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:55 Mon, 26 Sep 2016

Kimberley-polisie hou meer as 20 betogers aan | News Article

Kimberley - Die polisie in Kimberley monitor steeds die situasie nadat 'n groep van meer as 100 betogers vanoggend omstreeks 07:00 paaie in die middestad met klippe, vullisdromme en brandende bande versper het.


Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die interseksie by die Sol Plaatje Universiteit en omliggende strate was tydelik gesluit, maar is intussen weer vir verkeer oopgestel. 

Kock sê geen beserings is sover aangemeld nie. Volgens hom word meer as 20 mense, wat vanoggend aan die betoging deelgeneem het, deur die polisie aangehou. 

Hy sê lede van dieselfde groep is nou ook buite die Kimberley-polisiekantoor byeen nadat hulle vroeër na die universiteit se hek opgetrek het. 

Die betoging hou verband met die #FeesMustFall-veldtog wat verskeie tersiêre instellings oor die land heen sedert verlede week lamlê.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.