On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Gewapende rooftog by Bloemfontein-vulstasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:20 Mon, 26 Sep 2016

Gewapende rooftog by Bloemfontein-vulstasie | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein soek na vyf mans in verband met 'n gewapende rooftog by 'n vulstasie oorkant die Batho-polisiekantoor in die stad vanoggend.


Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê 'n werknemer in 'n winkel by die vulstasie is deur drie gewapende mans aangehou. 

Hulle het geld in 'n kluis geëis. Sy sê twee rowers het buite die winkel se deur gewag. 

Drie van die booswigte wat in die winkel was, het na buite gegaan om plofstof te gaan haal nadat hulle nie die kluis oop kon kry nie. 

Hlubi sê hulle het die plofstof gebruik om die kluis oop te blaas en het daarna met 'n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan. 

Daar is nie ‘n beskrywing van die motor wat deur hulle gebruik is nie. 

Niemand is in die voorval beseer nie. 

Sy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.