On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

UV-kampusse gesluit vir die dag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:10 Tue, 27 Sep 2016

UV-kampusse gesluit vir die dag | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-, Suid- en Qwaqwa-kampusse is vandag nog gesluit.


Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, sê akademiese en administratiewe dienste is vir die dag opgeskort. Dit volg nadat die UV gister aangedui het dat die universiteit vandag sou heropen het. 

Die Free Education-beweging (FEM) het sedert gister op sosiale media dit duidelik gestel dat hulle beoog om alle bedrywighede op die instelling se kampusse te ontwrig totdat die regering gehoor gee aan hul eis vir gratis tersiêre onderrig. 

Loader sê meer inligting sal ná 13:00 vandag op die UV se webblad beskikbaar wees. OFM-nuus is tans by die UV se Bloemfontein-kampus waar studente wat vandag opgedaag het vir klas en toetse, teleurgesteld moes omdraai. 

Lede van die FEM-beweging is steeds by die kampus se hoofhek besig om te sing.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.