On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

VS-bloedvoorraad slegs genoeg vir een dag

───   14:53 Wed, 28 Sep 2016

VS-bloedvoorraad slegs genoeg vir een dag  | News Article

Bloemfontein - Die tekort aan bloed in die land is besig om krisis-afmetings aan te neem.


Die SA Nasionale Bloeddiens se Jana Wallace sê in die Vrystaat het hulle slegs een dag se voorraad oor. Die voortslepende geweld op, en sluiting van verskeie kampusse het die voorraad ernstig ingekort.

Wallace sê hulle moet daagliks 3 000 eenhede oor die land heen insamel om aan hul behoeftes te voorsien, maar haal nie die laaste paar weke dié teiken nie. 

Sy doen 'n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners, wat kwalifiseer, om bloed te gaan skenk.  

Pulane Choane/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.