On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

NW-polisie soek vee se eienaars

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:21 Thu, 29 Sep 2016

NW-polisie soek vee se eienaars  | News Article

Klerksdorp - Twee vermeende veediewe sal na verwagting vandag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn nadat beweerde gesteelde vee ter waarde van bykans R170 000 in hul besit gevind is.


Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê altesaam 26 beeste en 18 skape is Dinsdag op ‘n plaas buite die stad in ‘n kraal gevind. Die vee behoort nie aan die verdagtes, onderskeidelik 47 en 38, wat in ‘n intelligensiegedrewe polisie-operasie deur die veediefstaleenhede op Stilfontein en Sannieshof aangekeer is nie.

Intussen het die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, lede wat betrokke was met die inhegtenisneming geloof vir hul goeie werk.  

Vee-eienaars op Lichtenburg, Bloemhof en Wolmaransstad wat vee vermis, kan die polisiekantoor op Sannieshof kontak of Tshwanelo Galehose by 082-3708-509 bel.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.