On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

NK-polisie taal-instruksie gaan hof toe

───   CATHY DLODLO 15:13 Fri, 30 Sep 2016

NK-polisie taal-instruksie gaan hof toe  | News Article

Kimberley - Solidariteit gaan die hooggeregshof nader oor die omstrede taalkwessie in die polisie in die Noord-Kaap.


Die vakbond het gevra dat die Noord-Kaapse polisiekommissaris reageer op bewerings dat polisiebeamptes opdrag gegee is om voortaan hulle werk, wat die afneem van verklarings insluit, net in Engels te doen. 

Die adjunk-hoof-uitvoerende beampte van Solidariteit, Johan Kruger het ‘n skrywe aan die kommissaris gerig waarin hulle vra dat die besluit hersien word, aangesien meer as die helfte van inwoners in die Noord-Kaap Afrikaanssprekend is. Hy sê 33% van inwoners praat Setswana en net sowat 3% gebruik Engels as voertaal.

Kruger sê die polisie moes teen Woensdag reageer, maar daar was egter nog geen respons nie.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.