On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Drie veeboere in hegtenis in verband met moord op ‘n plaas in Noordwes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:39 Mon, 03 Oct 2016

Drie veeboere in hegtenis in verband met moord op ‘n plaas in Noordwes | News Article

Rustenburg - Drie mans, vermoedelik veeboere van Noordwes, sal na verwagting vandag in die landdroshof op Bafokeng verskyn in verband met ‘n jong man se moord op ‘n plaas in die distrik.


Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê twee van die verdagtes, albei 68, en nog ‘n 76-jarige man is verlede Donderdag in hegtenis geneem nadat ‘n 24-jarige man, wat vermoedelik vee op die plaas wou vang, ernstig aangerand is. 

Sy hande was vasgebind. Sy sê met die polisie se aankoms op die plaas is die oorledene bewusteloos in een van die verdagtes se bakkie gevind. Die verdagtes was op die toneel.  Volgens Makau het die slagoffer later in ‘n plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk.

Lede van die polisie op Phokeng se veediefstaleenheid is op 29 September na ‘n plaas met verskeie veekrale na Luka naby Phokeng ontbied nadat ‘n klagte van veediefstal ontvang is. 

By nadere ondersoek is die verdagtes dieselfde dag in hegtenis geneem weens ‘n sterk vermoede dat hulle by die aanval op die slagoffer betrokke was. 

Makau het nog nie die oorledene se naam bekendgemaak nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.