On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Noordwes-veeboere in hof ná moord op plaas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:10 Tue, 04 Oct 2016

Noordwes-veeboere in hof ná moord op plaas | News Article

Rustenburg - Drie veeboere van Noordwes bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting môre in die landdroshof op Bafokeng aansoek om borgtog doen in verband met die moord op ‘n jong man op ‘n plaas in die distrik.


Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die 76-jarige Andru Mekgwe, Jairus Pholose (68) en die 66-jarige Shorty Mmolutsi het gister vlugtig in die hof verskyn. 

Dit kom nadat hulle verlede Donderdag in hegtenis geneem is toe ‘n 24-jarige man, wat vermoedelik vee op die plaas wou vang, ernstig aangerand is. Sy hande was vasgebind. 

Makau sê met die polisie se aankoms op die plaas is die oorledene bewusteloos in een van die verdagtes se bakkie gevind. 

Volgens Makau het die slagoffer later in ‘n plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk. 

Die verdagtes was op die plaas by krale toe hulle aangekeer is.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.