On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Noordwes-veeboere steeds in aanhouding ná moord op plaas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:39 Thu, 06 Oct 2016

Noordwes-veeboere steeds in aanhouding ná moord op plaas | News Article

Bafokeng - Drie veeboere van Noordwes sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Bafokeng aansoek doen om borgtog nadat hulle van die moord op ‘n jong man op ‘n plaas in dié distrik verdink word.


Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die 76-jarige Andru Mekgwe, Jairus Pholose (68) en die 66-jarige Shorty Mmolutsi het gister vlugtig verskyn. Die hofverrigtinge is tot volgende Dinsdag vir verdere ondersoek uitgestel. 

Die verdagtes is verlede Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n 24-jarige man, wat vermoedelik vee op die plaas wou steel, ernstig aangerand is. 

Sy hande is vasgebind. Makau sê met die polisie se aankoms op die plaas is die oorledene bewusteloos in een van die verdagtes se bakkie gevind. 

Volgens haar het die slagoffer later in ‘n plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk. Die verdagtes was op die plaas by veekrale toe hulle aangekeer is. Die oorledene se naam gaan voorlopig nie bekend gemaak word nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.