On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Sol Plaatje-universiteit steeds gesluit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:36 Mon, 10 Oct 2016

Sol Plaatje-universiteit steeds gesluit | News Article

Kimberley - Die akademiese program aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley is steeds opgeskort en sal nie vandag hervat word nie.


Visekanselier, Yunis Ballim, sê administratiewe dienste op die kampus gaan egter voort soos normaal. Ballim sê in die stadium is geen besluit nog geneem wanneer klasse hervat gaan word nie. 

Ballim sê hy het gister terugvoer aan studenteleiers gegee nadat hulle verlede week 'n griefskrif rakende die #FeesMustFall-inisiatief aan hom oorhandig het. In gister se vergadering het studenteverteenwoordigers 'n paar veranderinge aan Ballim se terugvoer oor hul memorandum gemaak. 

Ballim sê hy is in die proses om sy voorstelle, met die veranderinge wat aangebring is deur studente gister, met die universiteitsraad te bespreek.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.