On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

SAMRK toegegooi met droogteklagtes

───   CATHY DLODLO 15:13 Wed, 19 Oct 2016

SAMRK toegegooi met droogteklagtes | News Article

Bloemfontein - Klagtes, wat verband hou met die hardnekkige droogte, stroom in by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) in die Vrystaat.


Die Kommissie se Buang Jones sê hoewel die provinsiale kantoor in Bloemfontein gedurende die vorige boekjaar meestal klagtes oor onwettige inhegtenisnemings en ongelykheid ontvang het, het klagtes oor menseregteskendings rakende die wydverspreide droogte die hoogte ingeskiet. 

Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as ‘n droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het opgedroog. 

Jones sê die klagtes wat by hulle kantore ingehandig word, gaan meestal oor die tekort aan water.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.