On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Polisie in Vrystaat laks met aanmelding van sake waar lede betrokke is

───   CATHY DLODLO 05:43 Fri, 21 Oct 2016

Polisie in Vrystaat laks met aanmelding van sake waar lede betrokke is | News Article

Bloemfontein - Die polisie in die Vrystaat is, volgens die jongste statistieke, laks met die aanmelding van sake waarby polisiebeamptes betrokke is.


Ingevolge die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) -wetgewing moet moontlike oortredings en/of beweringe waarby polisiebeamptes betrek word, binne 24 uur by Opod aangemeld word. 

In vergelyking met ander provinsies, is die meeste oortredings van dié wetgewing in die Vrystaat ondersoek. Volgens dié ondersoekeenheid se jaarverslag vir die 2015/16-boekjaar, is altesaam 41 gevalle landwyd gevind. 

Altesaam 12 sake is in die Vrystaat, gevolg deur ses wat in Mpumalanga ondersoek word. Net twee voorvalle – die minste in die land – is in Noord-Wes en Oos-Kaap aangemeld.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.