On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Verdagte in hof weens kweek van dagga

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:20 Mon, 24 Oct 2016

Verdagte in hof weens kweek van dagga | News Article

Bloemfontein - ‘n Verdagte, wat in hegtenis geneem is in verband met die kweek van daggaplante en in besit van verwerkte dagga was, sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’Fiso Nyakane, sê die Valke en lede van die polisie se Taktiese Reaksie- en Misdaadintelligensie-eenheid het ‘n 36-jarige man verlede Vrydag by ‘n huis in die stad aangekeer. 

Dit kom nadat die polisie inligting ontvang het dat  dagga in ‘n huis verwerk word. Volgens hom is ‘n lasbrief verkry om die huis te deursoek.  

Nyakane sê daar is op toerusting ter waarde van sowat R20 000 beslag gelê. Daggaplante en verwerkte dagga ter waarde van R70 000 is ook daar gevind. Nyakane sê nog mense kan inhegtenis geneem word.  

OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.