On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vrou sterf ná lugballon-ongeluk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:30 Wed, 26 Oct 2016

Vrou sterf ná lugballon-ongeluk | News Article

Hartbeespoortdam - 'n Vrou wat gister onder die beseerdes was wat in 'n lugballon-ongeluk by die Hartbeespoortdam betrokke was, is gisteraand in 'n nabygeleë hospitaal dood.



'n  Jong dogtertjie en nog 'n passasier is beseer nadat die vlieënier van die lugballon 'n noodlanding moes doen weens onvoorspelde sterk wind.  

Luidens 'n  verklaring van Bill Harrop's Original Balloon Safaris, was twaalf ander passasiers, insluitend 'n vlieënier, aan boord.

Dié lugballon-onderneming het sy medelye teenoor die oorledene se naasbestaandes uitgespreek.

OFM-nuus

 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.