On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Lugballon-ongeluk eis vrou se lewe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:06 Wed, 26 Oct 2016

Lugballon-ongeluk eis vrou se lewe | News Article

Brits - Die Mediclinic Brits het bevestig dat 'n vrou wat in 'n lugballon-ongeluk by die Hartbeespoortdam ernstig beseer is, gisteraand in dié hospitaal oorlede is.


Hospitaal-woordvoerder, Retha Mostert, sê die vrou was in haar 40's.  

Volgens Mostert is nog 'n beseerde vrou in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Haar vierjarige dogtertjie is ook beseer en per helikopter na 'n hospitaal in Johannesburg vervoer. Haar toestand is ook bestendig.

Bill Harrop, eienaar van Bill Harrop's Original Safaris, sê die vlieënier moes 'n noodlanding uitvoer weens sterk wind. 

Die lugballonmandjie het tydens die landing op die grond gesleep. Daar was 12 passasiers aan boord, insluitend die vlieënier.  Dié lugballon-onderneming het intussen sy medelye uitgespreek teenoor die oorledene se naasbestaandes. 

Harrop sê hulle werk nou saam met die Burgerlugvaartowerheid wat die ondersoek na die ongeluk hanteer. 

Dié onderneming het ook sy eie ondersoek begin. 

Harrop sê die ongeluk kon nie vermy word nie en dit wil voorkom of die vlieënier alles in sy vermoë gedoen het om 'n veilige noodlanding uit te voer.

Die oorledene se naam is nog nie bekend nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.