On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Appèlhof wag vir hofrekord in Pistoriussaak

───   09:25 Sat, 03 Dec 2016

Appèlhof wag vir hofrekord in Pistoriussaak | News Article
Oscar Pistorius (Gallo)

Bloemfontein - Die Appèlhof in Bloemfontein sal die aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis op die hofrol plaas sodra die rekord van die Hooggeregshof se verrigtinge ingedien is.


Die SAUK berig die Staat het twee maande tyd om dit te doen. 

Die registrateur van die hof, Paul Myburgh, het bevestig dat die Nasionale Vervolgingsgesag voldoen het aan die bevel om bykomende hofstukke rakende die aansoek in te dien. 

Die NVG betwis Pistorius se vonnis van ses jaar en voer aan dat hy 'n swaarder straf behoort te kry vir die moord op Reeva Steenkamp in 2013. 

Die NVG het hom tot die Appèlhof gewend nadat hul aansoek om appèl in die Pretoriase Hooggeregshof afgekeur is. 

SAUK



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.