On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Sanco vra beter landelike veiligheid

───   08:48 Sun, 04 Dec 2016

Sanco vra beter landelike veiligheid | News Article
Gallo Images

Plaaslike regeringsorganisasie, Sanco, het 'n beroep op die regering gedoen om die landelike veiligheidsplan te verbeter nadat die 54-jarige Bertie Cilliers op sy kleinhoewe, Spitskop, by Thabazimbi, Limpopo, doodgeskiet is.


Woordvoerder, Jabu Mahlangu, het sy medelye aan die gesin betoon en die moord ten sterkste veroordeel. 

Hy't ook gemeenskappe gevra om saam te werk om landelike veiligheid te verbeter, veral gedurende die komende feesseisoen. 

Intussen berig die SAUK dat `n aangetroude familielid van Cilliers aangekeer is vir die moord. 

'n Polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê die verdagte het homself in die kop geskiet toe hy in Noordwes ná `n jaagtog vasgekeer is. 

Hy herstel onder polisiebewaking in `n hospitaal en sal in Thabazimbi se landdroshof verskyn sodra hy herstel het. 

OFM-nuus/RSG



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.